Mood Events

Lianie May

1 followers
10 tracks
Tracks10
Music profile
energy
60
polish
80
commerciality
70
fashion
40
locality
80
nostalgia
40
queerness
0
age
50
About

Lianie May het die land in 2008 bekoor met haar weghol treffer-album ‘Vergeet my nie’. Van daar het die boeremeisie van Oranjeville in die Vrystaat diep in die Suid-Afrikaanse publiek se harte ingekruip. Met vele albums, multi-toekennings en ‘n film agter die blad, is Lianie May nie net ‘n huishoudelike naam nie- maar is sy hier om te bly. Lianie was in 2006 raakgesien en geteken deur die talentvolle musikale genies, Sean Else en Johan Vorster. Van daar het Lianie se harde werk, determinasie en nederige persoonlikheid haar van krag tot krag laat gaan, en is sy vandag een van die land se top vroulike kunstenaars. Lianie gebore 2 Augustus 1976 te Sasolburg, woonagtig in Pretoria – is steeds SAse liefling sangeres. Dis nie net Lianie se unieke stem wat haar laat uitstaan nie, maar sy her ook bewys dat sy heel gemaklik agter die pen en skryfproses van treffers kan inklim. “Dit is lekker om te skryf, ek en Barry skryf gewoonlik saam,” vertel Lianie. Lianie en Jay se nuwe duet album word binnekort verwag en dit beloof om weer ’n album te wees wat die aanhangers gaan wegblaas met tong-in-die-kies liedere. Lianie May gaan weer terug na die mense toe. “Ek glo dit is belangrik om na die mense toe te gaan, die mense wat my gehelp het om te kom waar ek is vandag. Ek wil weer vir hulle optree en harte aanraak met my sang,” verklap sy met ’n sprankel in haar oog.

Media

    We use cookies to personalize your experience and analyze traffic. You can opt out at any time.