Mood Events

EDEN

1 followers
10 tracks
Tracks10
Music profile
energy
60
polish
60
commerciality
40
fashion
40
locality
60
nostalgia
60
queerness
0
age
40
About

EDEN het in 2000 hul reis in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf begin toe hulle by Aardklop die verhoog betree en hul debuutalbum, “If”, uitgereik het. Die oorspronklike groep het bestaan uit Paulo Azevedo, Johan Vorster, Sean Else en Cornel Driessen. Kort daarna het Jay du Plessis die plek van Cornel ingeneem, en in 2003 is die album “Point of No Return” uitgereik. Toe Sean Else die groep verlaat, het Paulo, Jay en Johan as ’n kragtige driemanskap voortgegaan. Hierdie tydperk het enkele van EDEN se mees geliefde albums opgelewer, insluitend “EDEN” (2006), “Knieë Lam” (2008) en “Dekade” (2010). Met hul laaste album, “Nooit Oud Raak Nie” in 2014, het EDEN amptelik van die musiekbedryf afskeid geneem – ná ’n glorieryke loopbaan wat hulle op van die land se grootste verhoë, insluitend Afrikaans is Groot, laat skitter het. Nou, byna ’n dekade later, is EDEN terug – sterker as ooit tevore. Die “nuwe” EDEN, bestaande uit Sean Else, Jay du Plessis en Paulo Azevedo, bring vars energie én ’n herleefde nostalgie na hul musiek. Hulle eerste enkelsnit in hierdie nuwe hoofstuk, “Kom Klop Weer”, is ’n simboliese uitnodiging aan oud en nuut om weer saam deel te word van die EDEN-storie.

Media

    We use cookies to personalize your experience and analyze traffic. You can opt out at any time.